Dink buite die boks is ’n prettige aktiwiteitsboekie vir kinders 6+ wat verbeelding en kreatiewe denke aanmoedig.
Elke aktiwiteit begin met ’n eenvoudige prentjie of vorm. Jou kind moet mooi kyk, dink “Wat anders kan dit wees?” en dan lyne, vorms en elemente byvoeg om iets heeltemal nuuts te skep. Daarna kan hulle hul skepping inkleur en vertel wat hulle gemaak het.
Die boekie sluit ook oulike voorbeelde in om te wys hoeveel verskillende idees uit dieselfde vorm kan ontstaan – van ’n wolk wat ’n skaap, boom of springmielies word, tot ’n sirkel wat in ’n blommetjie, roomys, bord kos of oog verander!
✨ Die belangrikste reël? Daar is geen verkeerde antwoorde nie!
Perfek vir die huis, klaskamer, vroeë klaarmakers of sommer net ’n lekker kreatiewe breinbreek-aktiwiteit. 🖍️💭












Reviews
There are no reviews yet.