Maak dit sommer maklik om elke Graad RR-leerder se groei en ontwikkeling deur die jaar te volg met hierdie 38 bladsy vorderingsverslag, spesiaal saamgestel vir kinders van 4-5 jaar! ✏️💕
Hierdie handige boekie is perfek vir deurlopende waarneming, die aanteken van ontwikkelingsmylpale en terugvoer aan ouers deur al vier kwartale.
🌟 Wat is ingesluit?
✅ Ontwikkelingskontrolelyste vir al 4 kwartale wat fokus op:
- 🌸 Persoonlike ontwikkeling en selfstandigheid – Daaglikse roetines, selfversorging en onafhanklikheid.
- 🏃 Groot- en fynmotoriese ontwikkeling – Beweging, balans, knipvaardighede en hand-oog-koördinasie.
- ❤️ Emosionele en sosiale ontwikkeling – Gevoelens, selfvertroue, vriendskappe en samewerking.
- 📚 Kommunikasie en vroeë geletterdheid – Luister, praat, woordeskat, stories en klankbewustheid.
- 🔢 Vroeë Wiskunde – Getalle, hoeveelhede, vorms, patrone en sortering.
- 🎨 Kreatiwiteit en leerhouding – Musiek, verbeeldingspel, aandag en konsentrasie.
- 🌍 Perseptuele ontwikkeling en wêreldkennis – Liggaamsbewustheid, sintuie en die ontdekking van die omgewing.
✅ Maklike 4-punt-waarnemingskaal om elke leerder se ontwikkeling kwartaal vir kwartaal aan te teken.
✅ Kwartaallikse vorderingsbladsye met ruimte vir sterkpunte, ontwikkelingsareas, volgende doelwitte en kommentaar van onderwysers en ouers.
✅ Jaarlikse ontwikkelingsprofiel wat ‘n handige oorsig van elke leerder se vordering deur die jaar gee.
✅ Oulike voorbladopsies en ‘n persoonlike Oor my-bladsy met ruimte vir die leerder se foto.
🎯 Ideaal vir Graad RR-juffrouens wat elke leerder se unieke ontwikkeling op ‘n georganiseerde, praktiese en liefdevolle manier wil volg!
📥 Formaat: Digitale, drukbare PDF (38 bladsye).
💡 Let wel: Hierdie verslag is bedoel vir natuurlike, deurlopende waarneming tydens spel en is nie ‘n formele toets of diagnostiese hulpmiddel nie.
Een boekie, vier kwartale en ‘n hele jaar se kosbare groeimylpale! 🌈🐺💕

















Reviews
There are no reviews yet.