Taalbundel 1: 90 Bladsye | Spesiaal ontwerp vir ekstra ondersteuning en vir Neurodiverse leerders
Maak die leer van taal makliker en eenvoudiger met Taalbundel 1 uit ons “Ek doen dit só” reeks.
Hierdie 90-bladsy werkboek is spesiaal ontwerp vir leerders wat ekstra ondersteuning benodig, stadiger leer of neurodivers is. Elke aktiwiteit is doelbewus eenvoudig, visueel ondersteunend en stap-vir-stap aangebied om oorweldiging te verminder en sukses te bevorder.
Die boek is opgestel deur ‘n Psigo-opvoedkundige, met ‘n sterk fokus op hoe Neurodiverse leerders die beste leer. Die aktiwiteite volg ‘n gestruktureerde benadering waar nuwe konsepte eers verduidelik word voordat leerders dit inoefen deur middel van herhaling en praktiese oefeninge.
Hierdie bundel behandel die volgende taalonderwerpe:
✅ Teenoorgesteldes (± 10 bladsye)
✅ Meervoude (± 10 bladsye)
✅ Verkleinwoorde (± 10 bladsye)
✅ Manlik en vroulik (± 10 bladsye)
✅ Voorsetsels (± 5 bladsye)
✅ Intensiewe vorme (± 10 bladsye)
✅ Klinkers (±20 bladsye)
Waarom hierdie boekie anders is
Hierdie is nie net nog ‘n taalwerkboek nie.
Elke bladsy is ontwerp om:
⭐ Konsepte eenvoudig en visueel aan te bied
⭐ Kort, duidelike instruksies te gebruik
⭐ Herhaling in te bou om leer te versterk
⭐ Selfvertroue by leerders te ontwikkel
⭐ Onafhanklike werk geleidelik aan te moedig
Die eenvoudige uitleg help om afleidings te beperk, terwyl die groot, duidelike illustrasies begrip ondersteun.
Ideaal vir:
✔ Neurodiverse leerders
✔ Leerders wat ekstra taalondersteuning benodig
✔ Remediërende onderrig
✔ Tuisskool
✔ Onderwysers
✔ Arbeidsterapeute
✔ Psigo-opvoedkundiges
✔ Ouers wat tuis ekstra wil oefen
Wat ontvang jy?
📄 Digitale PDF-boekie
📚 90 bladsye vol gestruktureerde taalaktiwiteite
🖨️ Druk soveel keer as wat jy vir jou eie kinders of klaskamer benodig
Die “Ek doen dit só”-reeks
Die “Ek doen dit só”-reeks is spesiaal ontwikkel om leer eenvoudiger, meer toeganklik en minder oorweldigend te maak. Deur visuele ondersteuning, herhaling en klein leerstappe kry leerders die geleentheid om nuwe vaardighede teen hul eie tempo te bemeester.
Ons glo elke leerder kan sukses ervaar wanneer leer op die regte manier aangebied word.
Taalbundel 2: 60 Bladsye | GRATIS saam met Taal Bundel 1
Brei jou leerder se taalvaardighede verder uit met Taalbundel 2 uit ons “Ek doen dit só” reeks.
Hierdie 60-bladsy werkboek bou voort op die vaardighede wat in Bundel 1 ontwikkel is en is spesiaal ontwerp vir leerders wat ekstra ondersteuning benodig, stadiger leer of Neurodivers is. Elke aktiwiteit is eenvoudig, visueel ondersteunend en stap vir stap aangebied om sukses en selfvertroue te bevorder.
Die boek is opgestel deur ‘n Psigo-opvoedkundige, met ‘n sterk fokus op hoe neurodiverse leerders die beste leer. Elke onderwerp word sistematies verduidelik en daarna deur middel van herhaling en praktiese oefeninge vasgelê.
Hierdie bundel behandel die volgende taalonderwerpe:
✅ Samestellings
✅ Stelsinne
✅ Vraagsinne
✅ Bevelsinne
✅ Uitroepsinne
✅ Leestekens
✅ Woordorde
✅ Alfabetiese volgorde
Wat ontvang jy?
📄 Digitale PDF-boekie
📚 60 bladsye vol gestruktureerde taalaktiwiteite
🖨️ Druk soveel keer as wat jy vir jou eie kinders of klaskamer benodig
🎁 GRATIS saam met Taalbundel 1
























































Reviews
There are no reviews yet.