Graad R is die begin van ‘n groot avontuur! Met Graad R wat nou verpligtend is, is dit belangriker as ooit om ‘n sterk grondslag vir Graad 1 te bou.
Ons Graad R Bundel is propvol oulike aktiwiteite wat kinders help om belangrike skoolgereedheidsvaardighede te ontwikkel – van letters en getalle tot skryfvaardighede, emosies en soveel meer!
Wat is alles ingesluit?
📚 My Graad R Boekie – 120 bladsye
‘n Groot verskeidenheid aktiwiteite wat getalle, kleure, vorms, patrone en ander belangrike Graad R-vaardighede ontwikkel.
🔢 Graad R Wiskunde – 75 bladsye
Maak Wiskunde lekker met oulike oefeninge wat getalbegrip, telvaardighede en vroeë wiskundige denke bevorder.
✏️ My Skoolgereedheid Boekie – 110 bladsye
Help jou klein Wolfie om belangrike ontwikkelingsvaardighede te oefen en met selfvertroue vir Graad 1 voor te berei!
✍️ My Leer Skryf deur Patrone Boek – 79 bladsye
Oefen lyne en patrone terwyl klein handjies potloodbeheer en skryfvoorbereidingsvaardighede ontwikkel.
🖍️ My Patrone Boek – 125 bladsye
Oulike patroonaktiwiteite wat konsentrasie, hand-oog-koördinasie en fynmotoriese vaardighede bevorder.
🌈 My Pret Leer Boekie (Gr. R-3) – 152 bladsye
‘n Wonderlike mengsel van taal, Wiskunde, kreatiewe aktiwiteite en algemene leerpret!
💗 Emosies Pakket – 39 bladsye
Drie oulike boekies wat kinders help om emosies te herken, te benoem en beter te verstaan.
📕 10 Emosie Stories – 25 bladsye
Kort, betekenisvolle stories wat kinders help om oor gevoelens te gesels en empatie te ontwikkel.
⭐ GRATIS & NUUT! My Graad R Vorderingsverslag – 58 bladsye
Volg en dokumenteer jou leerder se ontwikkeling en vordering deur die jaar!
🎁 GRATIS! 100 Knipkaarte – 55 bladsye
‘n Heerlike ekstra geskenkie om skêrvaardighede en fynmotoriese ontwikkeling te oefen!
Waarom Clever Wolfee?
By Clever Wolfee glo ons leer moet lekker wees! Met 10 jaar se onderwyservaring en ‘n agtergrond in Inklusiewe Onderwys ontwikkel ons praktiese, kindervriendelike hulpbronne wat leer makliker maak en selfvertroue bou.
Wat ontvang jy?
✅ Meer as 900 bladsye se opvoedkundige hulpbronne
✅ ‘n Splinternuwe Graad R-vorderingsverslag
✅ 100 GRATIS knipkaarte
✅ GRATIS Graad R vorderingsverslag
✅ Digitale PDF’s wat jy self kan druk
PDF formaat






























































Reviews
There are no reviews yet.