⚡ Blitslees Klanke is ’n interaktiewe spoedlees boekie wat ontwerp is om jong lesers te help om klanke vinniger te herken, woorde makliker te lees en selfvertroue in Afrikaans te bou! Hierdie boekie fokus op die belangrikste klankies – a, e, i, o, u en y. Hierdie boekie gee kinders die geleentheid om dieselfde woorde oor en oor te oefen om leesvlotheid te verbeter.
Elke bladsy bevat eenvoudige, ouderdomsgepaste woorde wat spesifiek gekies is om kinders te help met klankherkenning, woordbou en vinniger lees. Leerders lees die woorde drie keer (“1ste lees”, “2de lees”, “3de lees”), wat help om spoed, akkuraatheid en selfvertroue op ’n natuurlike manier te ontwikkel. Die herhaling help kinders om minder te klank en meer vlot te begin lees.
Hierdie hulpmiddel is perfek vir:
⭐ Graad 1 en Graad 2 leerders
⭐ Kinders wat ekstra leesondersteuning benodig
⭐ Tuisskool gebruik
⭐ Remediërende ondersteuning
⭐ Daaglikse lees oefening by die huis of in die klaskamer
Die eenvoudige uitleg, groot woorde en oulike illustrasies maak lees minder intimiderend en baie meer opwindend vir jong leerders. Kinders kan hul eie leestye invul en probeer om elke keer vinniger en meer selfversekerd te lees. Dit maak van lees oefening ’n lekker uitdaging eerder as harde werk!
Blitslees Klanke is die perfekte hulpmiddel om fondamentvaardighede in Afrikaans te versterk terwyl kinders speel-speel leer lees.
Hierdie digitale PDF hulpbron is maklik om af te laai en te druk vir herhaalde gebruik by die huis of in die klas. ✨📚🚀
Hierdie hulpmiddel mag onder geen omstandighede herverkoop word of versprei word nie.










Nadia De Jager (verified owner) –
Hierdie boekie is wonderlik vir kinders wat leer om te lees, ek is mal oor hierdie boekie.
Elmari Jooste (verified owner) –
Dit nou n regtige oulike boekie wat somer my kleintjie kan leer lees en boetie help met spoedlees.
Nadia Van der Westhuizen (verified owner) –
Vandag se kinders sukkel baie om te lees en ek is seker daarvan dat hierdie hulpmiddel hulle baie sal help om die algemene woorde makliker te herken en met selfvertroue te kan lees.
Liezl Van zyl (verified owner) –
die help baie met my dogterjie se lees, en woorde te onthou
Chevon De bruyn (verified owner) –
Die blitslees klanke boekie is n Baie goeie boekie want dit kan die kinders Baie help met lees omdat so Baie kinders nog Baie sukkel met lees
Amanda Burger (verified owner) –
Baie dankie vir die oulike boekie. Dit help baie. Ek waardeer elke boekie wat jy vir ons optower.
Lizann Wolhuter (verified owner) –
Dis n baie oulike produk wat kan help met spoedlees. Kan nie wag om dit te gebruik nie.
Delia Bester (verified owner) –
LOVE LOVE DIT. Lekkker maklike manier om jou kleinding te laat leer lees
Estelle Beukman (verified owner) –
Leerders geniet die woorde. Dit help ontsettend baie. Baie dankie.
Martie Ferreira (verified owner) –
Dit is so oulik.
My kinders is baie opgewonde om te lees!